Dr Shangula was gisteraand die gas op Copps 94.1

Namibië se enigste teenmisdaad realiteitsprogram Copps 94.1 met borge die Windhoekse Stadspolisie, G4S Namibië, Auas Motors, Minet Namibië Insurance Brokers and E-Med Rescue 24 was gisteraand oudergewoonte tussen agtuur en middernag op grondvlak in die hoofstad bedrywig. Francois Lottering van Kosmos 94.1 Nuus is op grondvlak deur die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula vergesel.