Sanef boos oor aanvalle op media deur Zuma-ondersteuners
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum sê hy is woedend oor die onbeskaamde fisieke en verbale mishandeling van joernaliste deur ondersteuners van oud-president Jacob Zuma buite sy huis by Nkandla in KwaZulu-Natal. Die SABC-joernalis Samkele Maseko is gister tydens ‘n regstreekse uitsending fisies deur een van die ondersteuners aangeval. Zuma se oudste seun, Edward, het ook gedreig […]
Covid – 46% is positief
Volgens die jongste Covid-statistiek van die Namibiese gesondheidsministerie was daar 1 656 nuwe gevalle met die meeste in Khomas, naamlik 34% gevolg deur Karas met 19%. Dit verteenwoordig ‘n positiewe koers van 46%. Onder die nuwe gevalle is 235 leerlinge, een onderwyser, een student en drie gesondheidswerkers. Die aktiewe gevalle staan op 23 660 waarvan […]
The ultimate way to Date On the net
Finding the best method to date over the internet should not be a thriller. You just have to know where you should look. Almost all of the seeing websites have their own community or true romance community where you can find your soul mate. This community is for people chinese women date exactly who are […]
Nog 1 656 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig
Die Namibiese gesondheidsministerie het bekendgemaak dat daar 1 656 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Windhoek 568, Rundu 151, Oshakati 131, Keetmanshoop 121, en Gobabis en Karasburg onderskeidelik 102 elk. Die res kom landwyd voor. Daar is op die oomblik steeds 23 660 aktiewe gevalle en 1 649 sterftes. Die herstelkoers is 74%.
Professor Kerina se begrafnis eers afgestel
Die begrafnis van wyle professor Mburumba Kerina wat vandag sou plaasvind is afgestel. Dit volg nadat die Ovaherero Tradisionele Owerheid ‘n dringende hofaansoek in die hoërhof in Windhoek gebring het om te verhoed dat hy in die grafheiligdom op Okahandja begrawe word wat vir Ovaherero-opperhoofde gereserveer is.
Verstappen spring vandag eerste weg in Oostenrykse F1 GrandPrix
Motorsport. Red Bull se Max Verstappen spring vandag in die Oostenrykse F1 GrandPrix in die eerste plek weg, met Mclaren se Lando Norris in die tweede plek. Verstappen se spanmaart Sergio Perez is in die derde wegspringplek en Lewis Hamilton vierde.
Zuma praat vanmiddag met die media
Oudpresident Jacob Zuma van Suid-Afrika beoog om die media vanmiddag omstreeks 18:00 tydens ‘n mediakonferensie by Nkandla toe te spreek. Sy stigting het dit op twitter bekendgemaak. Sy regspan is glo ontbied om 14:00 met hom te vergader. Groot getalle Zuma-ondersteuners is intussen besig om by Nkandla bymekaar te kom om hulle steun aan hom […]
Voormalige adjunk-minister sterf
Die voormalige Namibiese adjunk-minister van Visserye en Swapo-parlementslid Samuel Ankama is vanoggend oorlede. Volgens plaaslike mediaberigte het hy in ‘n hospitaal in die noorde gesterf. Hy was 63.
Facebook-toetsprojek lok reaksie uit
‘n Facebook-toetsprojek met ‘n opwip-venster waarin mense gevra word of hulle dink van hulle vriende is besig om ekstrimisties te word, het kommer by Amerikaanse konserwatiewes ontlok. Volgens AFP is hulle van mening hul stemme gaan gesmoor word. ‘n Woordvoerder van Facebook, Andy Stone, sê die waarskuwings het hulle oorsprong by ‘n inisiatief van die […]
Suid-Afrika gee die groenlig vir die gebruik van die Chinese CoronaVac-entstof
Die Waarnemende Minister van Gesondheid van Suid-Afrika, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, het gesê die Departement Van Gesondheid in die buurland verwelkom die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte se goedkeuring van die Chinese CoronaVac-entstof. Sy sê dit sal die regering in staat stel om teen ʼn vinniger tempo meer entstowwe te kry. SAHPRA sê die entstof is bedoel vir […]