Covid – 46% is positief

Volgens die jongste Covid-statistiek van die Namibiese gesondheidsministerie was daar 1 656 nuwe gevalle met die meeste in Khomas, naamlik 34% gevolg deur Karas met 19%. Dit verteenwoordig ‘n positiewe koers van 46%. Onder die nuwe gevalle is 235 leerlinge, een onderwyser, een student en drie gesondheidswerkers. Die aktiewe gevalle staan op 23 660 waarvan 562 in die hospitaal en 106 in intensiewe sorg is. Die herstelkoers staan op 74%.