Nog 1 656 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het bekendgemaak dat daar 1 656 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Windhoek 568, Rundu 151, Oshakati 131, Keetmanshoop 121, en Gobabis en Karasburg onderskeidelik 102 elk. Die res kom landwyd voor. Daar is op die oomblik steeds 23 660 aktiewe gevalle en 1 649 sterftes. Die herstelkoers is 74%.