
N/a’an ku sê loop breëbors oor Neuras se wyne - June 19, 2025
Die besturende direkteur van N/a’an ku sê, Rudie van Vuuren, sê hulle is uiters trots op die prestasie van hulle Neuras Wyn- en Wildlandgoed. In ‘n mylpaal vir Namibië het al die wyne wat ingeskryf was by die International Challenge Gilbert & Gaillard 2025, een van die wêreld se mees vooraanstaande wynkompetisies, goud gewen. Van […]
Debmarine Desert Jewels skitter in Dubai - June 19, 2025
Namibië se Debmarine Desert Jewels is steeds onoorwonne by die Verenigde Arabiese Emirate Netbalbeker-toernooi in Dubai, waar hulle Ierland se Emeralds vanoggend met 57-38 geklop het. Die Jewels het Kenia in hul eerste wedstryd met 41-33 verslaan en die Emirate se Falcons oortuigend met 69-48 kafgedraf. Hulle het daarna 49-elk gelykop gespeel met Singapoer se […]
Toestemming nodig vir gronddamme, hoor NV - June 19, 2025
Die PDM-president McHenry Venaani het in die Nasionale Vergadering vrae aan eerste minister Elijah Ngurare gerig. Hy wou weet of daar ‘n omgewingsimpak-studie gedoen is om te bepaal of gronddamme in die Cuvelai-gebiede wat vatbaar is vir vloede, gebou kan word. Landbouminister Inge Zaamwani het so geantwoord:
ACC verduidelik ondersoek na onwettige medisyne-invoere - June 19, 2025
Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, het die Teenkorrupsie-kommmisise gevra om die beweerde onwettige invoer van medisyne en interne diefstalsindikate te ondersoek. Sy het ook ‘n ondersoek na personeel by die Verpleegraad versoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die kommissie, Josephine Nghituwamata, gepraat vir meer inligting oor die ondersoek. Sy verseker die publiek […]
Regshulpsentrum sê oor aanhouding van jeugdiges - June 19, 2025
Die direkteur van die Regshulpsentrum, Toni Hancox, het haar stem bygevoeg by die gesprek oor aanhouding vir jeugdiges. Dit kom na die nuus van die ontsnapping en herarrestasie van 11 jeugdiges in die Noorde. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Nasionale taakmag oor gratis onderwys begin sittings - June 19, 2025
Adjunk-onderwysminister Dino Ballotti het vandag die eerste sitting van die nasionale taakmag oor gratis onderwys in tersiêre instellings amptelik geopen. Die taakmag se mandaat is om ‘n uitgebreide plan vir gratis tersiêre onderwys te ontwikkel. ‘n Sleuteldoelwit is om teen einde Augustus ‘n gedetailleerde implementeringsplan met duidelike en uitvoerbare tydlyne by die kabinet in te […]
HyIron sê beleggings nodig vir groei - June 19, 2025
Die Statebond Besigheidsforum is tans in die hoofstad aan die gang. Die HyIron Oshivela span is teenwoordig en die maatskappy se besturende direkteur, Johannes Michels, het die uitdagings met vraag en voorsiening uitgelig. Hy sê hulle produksie volumes is steeds uiters laag en beleggings is nodig om produksie te verbeter.
Toyota SA eis in hof R6,5 miljard vir 2022-vloede - June 19, 2025
Toyota Suid-Afrika het ‘n regsgeding van 6,5 miljard Suid-Afrikaanse rand teen die KwaZulu-Natal provinsiale regering, Transnet, en die eThekwini Munisipaliteit aanhangig gemaak. Dit handel oor die skade by sy Prospecton-aanleg tydens die oorstromings in April 2022. Die maatskappy eis 4 miljard rand vir herstelwerk en 2 miljard vir sake-onderbreking. Craig Woolley, ‘n direkteur by die […]
Lande ontruim burgers uit Israel, Iran - June 19, 2025
Regerings regoor die wêreld is besig om duisende van hul burgers wat vasgekeer is in die vinnig verslegtende konflik tussen Israel en Iran, met busse, per vliegtuig en in sommige gevalle selfs per voet, te ontruim. Buitelanders probeer reeds sedert verlede week om albei lande inderhaas te verlaat nadat Israel Vrydag bomaanvalle teen Iran se […]
Rassie in sy skik met Bokke se voorbereiding - June 19, 2025
Rugby: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê hulle voorbereiding vir volgende Saterdag se kragmeting met die Barbarians in Kaapstad vorder goed. Die Bokke is byna voltallig na die aankoms van die Bulle se spelers, Leinster se slot, RG Snyman, en Leicester Tigers se losskakel, Handré Pollard. Hulle was verlede naweek nog betrokke by die eindstryde van […]