Kirsty neem Maandag oor by IOKJune 20, 2025

Kirsty Coventry, wat Maandag oorneem as die president van die Internasionale Olimpiese Komitee, sê sy beskou samewerking met belanghebbendes as die belangrikste deel van haar ampstermyn. Die voormalige swemkampioen van Zimbabwe, is in Maart verkies en volg Thomas Bach van Duitsland op. Die 41-jarige is die Olimpiese Komitee se eerste vroulike president. Coventry sê dit is belangrik om na almal se menings te luister, maar sy verstaan sy moet besluite neem en die verantwoordelikheid aanvaar.