Mosambiekse sindikaatleier in SA doodgeskietJune 21, 2025
‘n Veertigjarige Mosambiekse ontvoeringsindikaatleier is doodgeskiet in ‘n skietgeveg met die polisie by ‘n woonkompleks in Midrand, Johannesburg. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die polisie se teen-ontvoeringstaakspan was besig om na ‘n ontvoerde Pakistanse sakeman van Pretoria-Wes te soek. ‘n Skietgeveg het in Fourways uitgebreek en een verdagte is doodgeskiet. Hy is Mauro Mucambe Junior, ‘n sindikaatleier van Mosambiek wat met verskeie ontvoerings verbind word.