PDM sê leier se staatsvoertuigkwessie is opgelos

Reaksie is van die PDM-leier, McHenry Venaani se woordvoerder, Roberto Dirkse, ontvang oor Venaani se goedgekeurde staatsvoertuie wat glo stof opgaar. Venaani wil glo sy eie lyfwag en motorbestuurder kies. Venaani is glo twee polisiebeamptes vir die poste aangebied, maar het hulle van die hand gewys en daarop aangedring om sy eie lyfwag en motorbestuurder […]

Read More

Ugandese gewigopteller skoonveld in Japan

Japanse owerhede soek na die Ugandese gewigopteller, die 20-jarige Julius Ssekitoleko ná hy nie vir ‘n Covid-toets opgedaag het nie, berig internasionale media. Die gewigopteller wat by ‘n oefenkamp in Osaka is, was nie in sy hotelkamer nie. Hy is in Japan vir die Olimpiese Spele.

Read More

Ramaphosa spreek vanaand half-nege land toe

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa spreek vanaand half-nege sy burgers toe. Die verwagtinge is dat hy oor die afgelope twee weke se ekonomiese sabotasie en aanhitsing wat deur misdadigheid gesteun is, sal praat.

Read More

Windhoek se strate normaal ná plundery-boodskappe

Met die dreig-boodskappe op sosiale media van beplande plundering by Windhoek se groot inkoopsentrums, het niks van gekom nie. Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat alles normaal in die hoofstad se strate is, maar dat Nampol nie hierdie bedreigings ligtelik opneem nie.

Read More

SA onrus het impak op Namibiese vervoerbedryf

Die voortslepende onrus en plundery in Suid-Afrika het veral ‘n impak op Suider-Afrikaanse lande gehad wat afhanklik van Suid-Afrika is vir talle goedere wat hulle invoer. Namibiese vragmotors gaan op ‘n daaglikse basis na Suid-Afrika om goedere op te laai. ‘n Kenner in die Namibiese logistieke bedryf, Stefan Terblanche, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe […]

Read More

Torra-bewaringsgebied vertel hoe hulle Covid-pandemie te bowe kom

Sommige gemeenskappe in Namibië is heeltemal afhanklik van die toerismebedryf. Een so ‘n gemeenskap is die Torra-bewaringsgebied in die Kunenestreek. Kosmos 94.1 Nuus het die voorsitter van die kommunale bewaringsgebied, Tommy Adams gesels en gevra hoe hanteer hulle die uitdagings tydens die Covid-pandemie. Adams is aan die woord.

Read More

Ohorongo Cement skenk suurstof aan Otavi-gemeenskap

Ohorongo Cement, deur die Ohorongo Otavi Gemeenskapstrust, het vinnig gereageer toe George Garab, streeksraadslid van die Otavi-kiesafdeling laat weet het die Otavi-kliniek se suurstof is besig om op te raak. Vyf suurstofsilinders is van Afrox op Tsumeb gekry en vanoggend by die kliniek afgelewer. Rudolf Coetzee, administratiewe bestuurder van Ohorongo Cement en die trust, het […]

Read More

Windhoek kry Dinsdag deurry-stasie vir Covid-inentings

‘n Deurry-stasie vir Covid-inentings by die Windhoekse skougronde begin Dinsdag en sal Dinsdae tot Sondae vanaf tien-uur soggens tot ses-uur saans oop wees. Mense kan ook net instap en sal in ‘n ander ry as mense wat in hul voertuie van die deurry-stasie wil gebruik maak. Dinsdag sal met Sinopharm-entstowwe afgeskop word en ander entstowwe […]

Read More

Besending van 250 000 Sinopharm-entstowwe hier

Die besending van 250 000 Sinopharm-entstowwe uit China het op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako met Ethiopia Airlines aangekom. Die enstowwe wat deur die Namibiese regering van China aangekoop is, sal na verwagting landswyd begin versprei word.

Read More

Gauteng-inwoners kan na plundering hongersnood ervaar

Die DA sê inwoners van Gauteng loop die gevaar om in hongersnood te verval weens gewelddadige betogings en plundering, veral mense wat afhanklik is van NRO’s vir kos en mense wat by winkelsentrums werk. Die provinsie se ekonomie en voedselsekerheid is ‘n ernstige knou toegedien deur wydverspreide plundering, geweld en oproerigheid. Geweld en plundering het […]

Read More