SA onrus het impak op Namibiese vervoerbedryf

Die voortslepende onrus en plundery in Suid-Afrika het veral ‘n impak op Suider-Afrikaanse lande gehad wat afhanklik van Suid-Afrika is vir talle goedere wat hulle invoer. Namibiese vragmotors gaan op ‘n daaglikse basis na Suid-Afrika om goedere op te laai. ‘n Kenner in die Namibiese logistieke bedryf, Stefan Terblanche, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe dit met die vervoerbedryf gaan tydens die onrus in die buurland. Hy sê sommige voorraadverskaffers in Gauteng en KwaZulu-Natal het hul pakhuise gesluit, maar hulle kan steeds vrag by ander besighede laai.

Terblanche het gesê grensposte na Suid-Afrika is op die oomblik oop, maar dat die situasie in ‘n oogwink kan verander.