Windhoek se strate normaal ná plundery-boodskappe

Met die dreig-boodskappe op sosiale media van beplande plundering by Windhoek se groot inkoopsentrums, het niks van gekom nie. Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat alles normaal in die hoofstad se strate is, maar dat Nampol nie hierdie bedreigings ligtelik opneem nie.