Gauteng-inwoners kan na plundering hongersnood ervaar

Die DA sê inwoners van Gauteng loop die gevaar om in hongersnood te verval weens gewelddadige betogings en plundering, veral mense wat afhanklik is van NRO’s vir kos en mense wat by winkelsentrums werk. Die provinsie se ekonomie en voedselsekerheid is ‘n ernstige knou toegedien deur wydverspreide plundering, geweld en oproerigheid. Geweld en plundering het veral in townships in Tshwane, Ekurhuleni en Johannesburg plaasgevind. Die DA-lid, Refiloe Nt’sekhe, sê voedselsekerheid is in gevaar weens padsluitings.