Ohorongo Cement skenk suurstof aan Otavi-gemeenskap

Ohorongo Cement, deur die Ohorongo Otavi Gemeenskapstrust, het vinnig gereageer toe George Garab, streeksraadslid van die Otavi-kiesafdeling laat weet het die Otavi-kliniek se suurstof is besig om op te raak. Vyf suurstofsilinders is van Afrox op Tsumeb gekry en vanoggend by die kliniek afgelewer. Rudolf Coetzee, administratiewe bestuurder van Ohorongo Cement en die trust, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die suurstof is aan die gemeenskap wat dit nodig het, beskikbaar gemaak. Hy sal ook met die kliniek in kontak bly om te verseker dat hul suurstof nie weer opraak nie.