PDM sê leier se staatsvoertuigkwessie is opgelos

Reaksie is van die PDM-leier, McHenry Venaani se woordvoerder, Roberto Dirkse, ontvang oor Venaani se goedgekeurde staatsvoertuie wat glo stof opgaar. Venaani wil glo sy eie lyfwag en motorbestuurder kies. Venaani is glo twee polisiebeamptes vir die poste aangebied, maar het hulle van die hand gewys en daarop aangedring om sy eie lyfwag en motorbestuurder te kies. Die sekretaris van die Nasionale Vergadering, Lydia Kandetu, het gesê dat Venaani sy eie mense wil hê en daarom die vertraging. Venaani se selfaangestelde mense moet eers opleiding by die polisie kry voor die oorhandiging kan plaasvind, sê Kandetu. Dirkse het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die kwessie is uitgesorteer.

Dirkse ontken ook dat daar struwelinge tussen Venaani en beamptes van die Nasionale Vergadering is.