NamWater beperk sy uitgawes, word N$1 miljard geskuld

NamWater se finansiële posisie is stabiel en versterk jaarliks. Dit is die mening van die maatskappy se Hoof Uitvoerende Beampte Abraham Nehemia, wat gesê het dat inkomste met net meer as 3 persent verbeter het. NamWater se Woordvoerder, Johannes Shigwedha, sê dit gaan oor die inperking van uitgawes…

Read More

‘Admin’ is baie belangrik vir SME’s

Klein en medium sakeondernemings het uitdagings met adminsitratiewe bestuur en dus, sukkel talle van die maatskappye met goeie bestuursstelsels, wat die nakoming van belasting maatreëls insluit. Andiswa Bata, FNB Besigheid se Streekshoof in Gauteng sê baie van die uitdagings lê in die kultuur van met kontant handel….

Read More

Verlamde boer vasgebind in rolstoel, geskiet

Dit het bekend geword dat ‘n boer in ‘n rolstoel wat die naweek in KwaZulu-Natal vermoor is, vroeër op sy plaas by Winterton aangeval is. Neil McKay se ma het op sy liggaam afgekom nadat hy verwurg is. Die 46-jarige McKay was verlam nadat hy 20 jaar gelede tydens ‘n plaas-aanval geskiet is. Niemand is […]

Read More

NWU skors 3 studente

Die Noordwes Universiteit het drie studente van sy Mahikeng-kampus geskors weens voortslepende protes. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle personeel aangerand en eiendom van die universiteit op die kampus beskadig het. Twee lede van die universiteit se beskermingsdienste moes ná die aanrandings hospitaalbehandeling ontvang. Die studente is ook skuldig bevind aan betrokkenheid by die universiteit […]

Read More

Aanlyn handel groei vinnig

Aanlyn handel is volgens berigte besig om toe te neem. Volgens statistiek het aanlyn handelaars van 9,5 miljoen vier jaar gelede tot meer as 15 miljoen tans geggroei asgevolg van moderne tegnologie wat toegang tot internasionale markte en aanlyn handel baie makliker maak. Dany Mawas Streek Direkteur van Infinox Capital het met Kosmos 94.1 nuus […]

Read More

Amptenare ignoreer Didiza se opdrag sê DA

Die DA het die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, se aankondiging verwelkom dat plaas-uitsettings in die Gert Sibande-distrik in Mpumalanga gestaak is. Die DA Parlementslid Annette Steyn sê egter daar sal nog gesien moet word of die amptenare in haar departement daaraan gehoor gaan gee. Sy verwys na Vuyani Zigana wat […]

Read More

Storie oor ietermagô bewaring lok verkeerde reaksie uit

Daar word verwag dat die Namibiese Ministerie van Omgewingsake binnekort sal reageer op ‘n berig wat die nasionale uitsaaier oor die onwettige handel in die ietermagô gedoen het. Die spesie is die dier wat die meeste mee onwettig handel getref word. Luidens die ministerie se jaarverslag oor stropery, is 129 van die diere in 2019 […]

Read More

Unam: alles moet môre betaal wees om te gradueer

Die Universiteit van Namibië het ‘n beroep op alle studente gedoen om te verseker dat alle nodige dokumentasie ingedien is en fooie op datum is sodat hulle Vrydag kan gradueer. Die universiteit sê enige dokumentasie of betaling wat na 13 April ontvang word, sal veroorsaak dat hulle gradeplegtigheid eers in September vanjaar kan plaasvind. Berigte […]

Read More

Haufiku op entstof…

Daar is nou reeds byna 3 000 mense in Namibië teen Covid-19 ingeënt in weerwil van die feit dat die land meer as 100 000 dosisse entstof van China en Indië ontvang het. Dr Bernard Haufiku, voormalige Minister van Gesondheid het met Kosmos 94.1 Nuus hieroor gepraat.

Read More

Iran blameer Israel vir kragonderbreking

Die Iranse owerhede het die kragonderbreking by die Natanz-kernaanleg as ‘n terroristedaad beskryf. Die kragonderbreking is volgens berigte die gevolg van Israeliese kuberoptrede. Die Israelse premier, Benjamin Netanyahu, het gister gesê die stryd teen Iran en sy bondgenote en die land se bewapeningspogings is ‘n reuse sending. Volgens internasionale media is die kragonderbreking blykbaar veroorsaak […]

Read More