NWU skors 3 studente

Die Noordwes Universiteit het drie studente van sy Mahikeng-kampus geskors weens voortslepende protes. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle personeel aangerand en eiendom van die universiteit op die kampus beskadig het. Twee lede van die universiteit se beskermingsdienste moes ná die aanrandings hospitaalbehandeling ontvang. Die studente is ook skuldig bevind aan betrokkenheid by die universiteit se sakebedrywighede deur middel van derde partye. Dit hou verband met private akkommodasie. Die geskorste studente se versoeke vir appel is van die hand gewys. Die universiteit het bevestig dat die skade op die kampus meer as 300 000 Namibiese doller beloop.