Amptenare ignoreer Didiza se opdrag sê DA

Die DA het die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, se aankondiging verwelkom dat plaas-uitsettings in die Gert Sibande-distrik in Mpumalanga gestaak is. Die DA Parlementslid Annette Steyn sê egter daar sal nog gesien moet word of die amptenare in haar departement daaraan gehoor gaan gee. Sy verwys na Vuyani Zigana wat ingelig is dat amptenare sy toegewese grond aan iemand anders gegee het, en dat ‘n brief van die minister hulle min geskeel het: