Verlamde boer vasgebind in rolstoel, geskiet

Dit het bekend geword dat ‘n boer in ‘n rolstoel wat die naweek in KwaZulu-Natal vermoor is, vroeër op sy plaas by Winterton aangeval is. Neil McKay se ma het op sy liggaam afgekom nadat hy verwurg is. Die 46-jarige McKay was verlam nadat hy 20 jaar gelede tydens ‘n plaas-aanval geskiet is. Niemand is ooit aangekeer vir die eerste aanval nie. Die polisie het bevestig dat sy hande vasgebind is en dat sy liggaam in sy rolstoel gekry is.