2 renoster horings, 1 ietermagô vel

Die jongste wildlewe misdaad verslag die deur die Ministerie van Omgewingsake bekend gemaak. Tussen 5 en 11 April was daar 2 nuwe sake wat geregistreer is met 5 verdagtes wat in hegtenis geneem is. Drie is vas vir renoster stropery of sameswering om renosters te stroop. Twee renoster horings, ‘n ietermagô vel en 1 voertuig […]

Read More

Virus kan binnekort onder beheer wees mits mense gehoor gee

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het gewaarsku die korona-virus pandemie is nog lank nie verby nie, maar kan binne maande onder beheer gebring word. Die virus het tot dusver die lewens van byna 3 miljoen mense wêreldwyd geëis. Die Direkteur-Generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê verwarring, selfvoldaanheid en inkonsekwentheid ten opsigte van openbare gesondheidsmaatreëls en die […]

Read More

Leerders en Covid – uitdaging is koshuise

Daar was groot skok toe die nuus dat 120 leerders positief getoets het vir Covid bekend gemaak is. Volgens die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Onderwys, Sanet Steenkamp, bly die grootste uitdaging koshuise. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Banksy kunswerk vandag in SA opgeveil

‘n Werk deur die bekende Britse straatkunstenaar Banksy word vandag in Suid-Afrika opgeveil. Happy Choppers is in 2002 vir die eerste keer as ‘n muurskildery in Londen gesien. Die afslaers Strauss and Companies sal die werk op ‘n regstreekse virtuele veiling opveil en verwag ‘n verkoopprys van tussen 900 000 en 1,2 miljoen Namibiese doller. […]

Read More

Fukushima water sal vrygelaat word

Die beplande vrylating van water van die Fukushima kernkragaanleg in Japan beteken nie die situasie is nie onder beheer nie. Luidens berigte het die voormalige Eerste Minister van Japan Shinzo Abe vroeër gesê alles is onder beheer by Fukushima, in aanloop tot die Olimpiese Spele wat in 2020 gehou sou word. Daar is ongeveer 1,25 […]

Read More

Studenteraad verdedig dosent se Hitler-aanmerkings

Die Verteenwoordigende Studenteraad van die Universiteit van Kaapstad het ‘n dosent verdedig wat gesê het Adolf Hitler het geen misdaad gepleeg nie. Die Duitse diktator was verantwoordelik vir die dood van miljoene Jode en ander minderhede tydens die Tweede Wêreldoorlog. Lwazi Lushaba het volgens berigte aan eerstejaarstudente gesê Hitler het net aan wit mense gedoen […]

Read More

35% van ANC se senior bestuurders onbevoeg

Die Suid-Afrikaanse Minister van Staatsdiens en Administrasie, Senzo Mchunu, het onthul byna 35 persent van senior bestuurders in nasionale en provinsiale departemente het nie die vereiste kwalifikasies vir die pos wat hulle beklee nie. Hy het op ‘n vraag in die parlement geantwoord 3 301 van die 9 477 senior bestuurders op die regering se […]

Read More

Ministerie van Arbeid bevestig D&M plasings

Die Namibiese Ministerie van Arbeid het bevestig dat D&M Rail alle vakante poste deur hom gevul het. Luidens ‘n verklaring deur die ministerie se Uitvoerende Direkteur Bro-Mathew Shinguadja, is 45 werksoekers suksesvol by die maatskappy geplaas vir sy jongste projek. Daar was vroeër betogings met werkers wat gesê het onwettige prosedure is gevolg om werksoekers […]

Read More

Afrika kan entstof vervaardig, en versprei

Die Suid-Afrikaanse President, Cyril Ramaphosa sê Afrika-lande beskik oor die nodige tegnologie, vaardighede en kennis om hul eie volskaalse inenting produksie-fasiliteitete bou. Hy sê die Covid-19 pandemie het Afrika-lande ‘n verskeidenheid geleenthede gebied, om nou beduidende verandering in hul gesondheids-sorg stelsels mee te bring. Kosmos 94.1 se Kaapse Korrespondent Fritz Platt het die storie…

Read More

Polio-spuit 65 jaar oud

Miljoene lewens wêreldwyd is gered sedert die polio-entstof presies 65 jaar gelede veilig en doeltreffend vir menslike gebruik verklaar is. Op hierdie dag in 1955, is die entstof, wat deur ‘n span wetenskaplikes onder leiding van Jonas Salk aan die Universiteit van Pittsburgh in die VSA ontwikkel is, goedgekeur vir massa-inenting in die land. Die […]

Read More