Banksy kunswerk vandag in SA opgeveil

‘n Werk deur die bekende Britse straatkunstenaar Banksy word vandag in Suid-Afrika opgeveil. Happy Choppers is in 2002 vir die eerste keer as ‘n muurskildery in Londen gesien. Die afslaers Strauss and Companies sal die werk op ‘n regstreekse virtuele veiling opveil en verwag ‘n verkoopprys van tussen 900 000 en 1,2 miljoen Namibiese doller. Daar word berig dat 750 Happy Chopper-werke in 2003 uitgereik is, waarvan ‘n eenmalige spuitverf-weergawe in 2016 2 miljoen Namibiese doller gehaal het.