Ministerie van Arbeid bevestig D&M plasings

Die Namibiese Ministerie van Arbeid het bevestig dat D&M Rail alle vakante poste deur hom gevul het. Luidens ‘n verklaring deur die ministerie se Uitvoerende Direkteur Bro-Mathew Shinguadja, is 45 werksoekers suksesvol by die maatskappy geplaas vir sy jongste projek. Daar was vroeër betogings met werkers wat gesê het onwettige prosedure is gevolg om werksoekers aan te stel. Usi //Hoebeb, Woordvoerder van die maatskappy, het hulle standpunt vroeër so verwoord.