Polio-spuit 65 jaar oud

Miljoene lewens wêreldwyd is gered sedert die polio-entstof presies 65 jaar gelede veilig en doeltreffend vir menslike gebruik verklaar is. Op hierdie dag in 1955, is die entstof, wat deur ‘n span wetenskaplikes onder leiding van Jonas Salk aan die Universiteit van Pittsburgh in die VSA ontwikkel is, goedgekeur vir massa-inenting in die land. Die laaste geval van die siekte in Amerika is in die laat 1970’s bevestig. Volgens berigte is die universiteit nou weer aan die voorpunt van ‘n entstof wat lewens gaan verander, die keer vir Covid-19.