Studenteraad verdedig dosent se Hitler-aanmerkings

Die Verteenwoordigende Studenteraad van die Universiteit van Kaapstad het ‘n dosent verdedig wat gesê het Adolf Hitler het geen misdaad gepleeg nie. Die Duitse diktator was verantwoordelik vir die dood van miljoene Jode en ander minderhede tydens die Tweede Wêreldoorlog. Lwazi Lushaba het volgens berigte aan eerstejaarstudente gesê Hitler het net aan wit mense gedoen wat wit mense gewoonlik aan swart mense doen. Die universiteit het ‘n ondersoek begin terwyl die Studenteraadvoorsitter Declan Dyer mense aanraai om na die hele lesing te kyk om die konteks te verstaan.