35% van ANC se senior bestuurders onbevoeg

Die Suid-Afrikaanse Minister van Staatsdiens en Administrasie, Senzo Mchunu, het onthul byna 35 persent van senior bestuurders in nasionale en provinsiale departemente het nie die vereiste kwalifikasies vir die pos wat hulle beklee nie. Hy het op ‘n vraag in die parlement geantwoord 3 301 van die 9 477 senior bestuurders op die regering se personeel- en salarisstelsel het nie die nodige kwalifikasies nie. Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het die meeste ongekwalifiseerde werknemers, naamlik 227. Daar is 228 polisiebeamptes in dieselfde bootjie.