Covid-pandemie het sterftes en migrasie in SA beïnvloed

Statistieke Suid-Afrika sê volgens die jongste bevolkingsberamings het Covid-19 sedert die begin van die pandemie verlede jaar sterftes en migrasie in die land beïnvloed. Die koronavirus het die lewensverwagting van mense in die land met 3,5-jaar verminder. As gevolg van Covid-sterftes het die lewensverwagting van mans in Suid-Afrika tot onder die ouderdom van 60 jaar […]

Read More

Premier van Gauteng se rol in Life Esidimeni-tragedie ondersoek

Die DA wil die premier van Gauteng, David Makhura, se rol in die Life Esidimeni-tragedie laat ondersoek. Die voormalige LUR vir Gesondheid, Qedani Mahlangu, se regsverteenwoordiger het gister beweer Makhura het die finale besluit geneem om die psigiatriese pasiënte te laat oorplaas. Die premier het vroeër ontken hy het geweet van hul oorplasing na nie-regeringsorganisasies, […]

Read More

Ramaphosa se CR17-bankrekords bly geseël

Die hooggeregshof in Pretoria het beslis president Cyril Ramaphosa se CR17-bankrekords sal geseël bly. Die EFF het die aansoek gerig en gevra dat skenkers aan sy 2017-veldtog om ANC-president te word, openbaar gemaak word. Die party sê geseëlde state is teenstrydig met die reëls oor toeganklikheid. Die aansoek is met koste van die hand gewys.

Read More

Job sê shebeens en huise hoort nie op dieselfde erf

Die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, is gekant teen die oprig van shebeen langs ‘n huis op dieselfde erf. Hy sê hy is nie gekant teen shebeens en mense wat ‘n bestaan maak uit die verkoop van alkohol nie, maar daar moet ‘n onderskeiding tussen huise en shebeens wees. Amupanda sê sommige huise huisves […]

Read More

Onluste: voorsmakie van realiteit sou onteiening sonder vergoeding kom

Die Instituut vir Rasseverhoudings in Suid-Afrika sê die onluste van verlede week kan as ‘n voorsmakie ge-ag word sou Suid-Afrika die wetsontwerp op onteiening sonder vergoeding goedkeur en implementer. Gabriel Crouse, die instituut se hoof van Veldtogte het hulle standpunt so verwoord…

Read More

10 werksgeleenthede in ‘n jaar in Zambezi-bewaringsgebiede geskep

Die Zambezi-streek het reeds voor die pandemie baie groot uitdagings gehad met werkloosheid en armoede. Ontwikkeling ontbreek ook regoor die streek en talle inwoners maak staat op bestaansboerdery, of bewaringsgebiede se inkomste om kos op die tafel te sit. Die goewerneur, Lawrence Sampofu sê daar is tien nuwe werksgeleenthede in bewaringsgebiede in die afgelope jaar […]

Read More

Chinese paartjies mag nou 3 kinders kry

China het bekend gemaak dat die Kommunistiese Party ‘n drie-kind beleid goedgekeur het vir paartjies. Owerhede het ook maatreëls daargestel vir ondersteuning aan paartjies om hulle aan te moedig om meer kinders te kry. Die besluit vervang die twee-kind wet wat in 2016 ingestel is. Chinese paartjies was sedert 1980 net toegelaat om een kind […]

Read More

Eerste ondersoek na Pegasus-skandaal

Die kantoor van die aanklaer in Parys het ‘n ondersoek geloods na bewerings dat daar op twee joernaliste van ‘n ondersoekende nuuswebtuiste Mediapart deur Marokko gespioeneer is. Volgens berigte is die Pegasus-sagteware, wat deur die Israelse NSO-maatskappy vervaardig en verkoop word, gebruik. NSO is op die oomblik gewikkel in ‘n internasionale skandaal waar daar na […]

Read More

Zuma se bedrogsaak tot 10 Augustus uitgestel

Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg het ingestem om oudpresident Jacob Zuma se bedrog- en korrupsie-saak vir drie weke uit te stel. Sy regspan het Maandag betoog sy regte sal geskend word as die verhoor virtueel voortgaan. Regter Piet Koen het beslis die saak gaan op 10 Augustus voort:

Read More

MEFT spreek wildmisdaad aan

Die Namibiese omgewingsministerie werk aan ‘n bewusmakingsveldtog om omgewingsbewaring te bevorder. Daar word ook op die suksesverhale gefokus, veral op die afname in wildmisdaad, veral wildstropery. Tydens 2019 het Namibië ‘n gemiddeld van 1,2 wildmisdaadgevalle per dag geregistreer. Ietermagôs het die mees geteikende spesie geword met 123 ietermagôs waarop in 2019 beslag gelê is. Verlede […]

Read More