Chinese paartjies mag nou 3 kinders kry

China het bekend gemaak dat die Kommunistiese Party ‘n drie-kind beleid goedgekeur het vir paartjies. Owerhede het ook maatreëls daargestel vir ondersteuning aan paartjies om hulle aan te moedig om meer kinders te kry. Die besluit vervang die twee-kind wet wat in 2016 ingestel is. Chinese paartjies was sedert 1980 net toegelaat om een kind te hê. Berigte lui dat die nuwe beleid nie ‘n daardwerklike invloed op die land se bevolking sal hê nie omdat dit baie duur is om ‘n kind in China groot te maak.