MEFT spreek wildmisdaad aan

Die Namibiese omgewingsministerie werk aan ‘n bewusmakingsveldtog om omgewingsbewaring te bevorder. Daar word ook op die suksesverhale gefokus, veral op die afname in wildmisdaad, veral wildstropery. Tydens 2019 het Namibië ‘n gemiddeld van 1,2 wildmisdaadgevalle per dag geregistreer. Ietermagôs het die mees geteikende spesie geword met 123 ietermagôs waarop in 2019 beslag gelê is. Verlede jaar is beslag op agt lewende ietermagôs, vyf karkasse, 59 velle en 924 ietermagôskubbe gelê. Die woordvoerder van die omgewingsministerie, Romeo Muyunda, vertel meer oor die bewusmakingsprogram.

Muyunda sê die omgewingsministerie wil ‘n beter beeld oor omgewingsbewaring skep en die veldtog sal digitaal wees.