Eerste ondersoek na Pegasus-skandaal

Die kantoor van die aanklaer in Parys het ‘n ondersoek geloods na bewerings dat daar op twee joernaliste van ‘n ondersoekende nuuswebtuiste Mediapart deur Marokko gespioeneer is. Volgens berigte is die Pegasus-sagteware, wat deur die Israelse NSO-maatskappy vervaardig en verkoop word, gebruik. NSO is op die oomblik gewikkel in ‘n internasionale skandaal waar daar na bewering gespioeneer is op meer as 160 aktiviste, joernaliste en regeringsamptenare. Die Franse mediagroep, Forbidden Stories sê 17 media-organisasies is deur Pegasus se sagteware geraak en 37 slimfone van joernaliste is bevestig om die sagteware te bevat. Beide Marokko en NSO ontken die bewerings.