10 werksgeleenthede in ‘n jaar in Zambezi-bewaringsgebiede geskep

Die Zambezi-streek het reeds voor die pandemie baie groot uitdagings gehad met werkloosheid en armoede. Ontwikkeling ontbreek ook regoor die streek en talle inwoners maak staat op bestaansboerdery, of bewaringsgebiede se inkomste om kos op die tafel te sit. Die goewerneur, Lawrence Sampofu sê daar is tien nuwe werksgeleenthede in bewaringsgebiede in die afgelope jaar geskep.