Job sê shebeens en huise hoort nie op dieselfde erf

Die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, is gekant teen die oprig van shebeen langs ‘n huis op dieselfde erf. Hy sê hy is nie gekant teen shebeens en mense wat ‘n bestaan maak uit die verkoop van alkohol nie, maar daar moet ‘n onderskeiding tussen huise en shebeens wees. Amupanda sê sommige huise huisves skoolgaande kinders en daar is geen manier wat kinders op hul skoolwerk kan fokus in ‘n gebied waar mense drink nie.