Premier van Gauteng se rol in Life Esidimeni-tragedie ondersoek

Die DA wil die premier van Gauteng, David Makhura, se rol in die Life Esidimeni-tragedie laat ondersoek. Die voormalige LUR vir Gesondheid, Qedani Mahlangu, se regsverteenwoordiger het gister beweer Makhura het die finale besluit geneem om die psigiatriese pasiënte te laat oorplaas. Die premier het vroeër ontken hy het geweet van hul oorplasing na nie-regeringsorganisasies, waar 144 pasiënte gesterf het. Die DA-lid Jack Bloom hoop die huidige ondersoek sal die omvang van die premier se betrokkenheid volledig ondersoek. Hy sê politici behoort nie verantwoordelikheid vry te spring deur beamptes die skuld te gee nie.