Ramaphosa se CR17-bankrekords bly geseël

Die hooggeregshof in Pretoria het beslis president Cyril Ramaphosa se CR17-bankrekords sal geseël bly. Die EFF het die aansoek gerig en gevra dat skenkers aan sy 2017-veldtog om ANC-president te word, openbaar gemaak word. Die party sê geseëlde state is teenstrydig met die reëls oor toeganklikheid. Die aansoek is met koste van die hand gewys.