NG Kerk Eros ook ‘n inentingsentrum in hoofstad

Die NG Kerk Eros-gemeente is ook nou ‘n inentingsentrum in die hoofstad. Inentings vind tussen agt-uur soggens en vier-uur smiddae by die kerksaal plaas. ‘n Leraar van die gemeente, dr. Fourie van den Berg, het gesê tans is slegs Sinopharm beskikbaar, maar AstraZeneca-enstof wat deur die regering bestel is, word binnekort verwag. Dr. Van den […]

Read More

Amerikaanse ambassade help Covid-monsters sorteer

Terwyl baie Namibiërs weet hoe om dit te voel om vir Covid-19 getoets te word, weet slegs ‘n paar mense wat met die monsters gebeur nadat die toetse gedoen is. Weens die toename in Covid-gevalle in Namibië, het die personeel van die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer en -Voorkoming in Namibië gehelp om die Namibië Instituut […]

Read More

Tweehonderd verskyn in Johannesburgse landdroshof vir plundery

Sowat 200 mense verskyn vandag, môre en Vrydag in die Johannesburgse landdroshof nadat hulle aangekeer is weens verlede week se stropery in Gauteng. Minstens 215 mense het in die onluste gesterf, verskeie winkels en sentrums geplunder, kitsbanke afgebreek en pakhuise aan die brand gesteek. Xolani Fihla van die Johannesburgse metropolisie sê betogers gaan na verwagting […]

Read More

Jeff Bezos se lewenslange droom verwesenlik

Die sake-eienaar en magnaat Jeff Bezos het ‘n lewenslange droom verwesenlik toe hy vandag, op die 51ste herdenking van die eerste maanlanding, na die rand van die ruimte lanseer is. Die voormalige uitvoerende hoof van Amazon se sub-orbitale reis aan boord van Blue Origin se New Shepard-vuurpyl, is beskryf as ‘n reuse-sprong vir die ruimte-toerismebedryf. […]

Read More

Covid-19: 50 gevangenes in Rundu-distrik positief

Die Namibiese gesondheidsministerie het 25 Covid-sterftes in sewe distrikte aangekondig, asook 614 nuwe gevalle uit 1 652 toetsuitslae. In die groep is 69 leerders, 19 onderwysers, nege studente, 20 gesondheidswerkers en 50 gevangenes van die Rundu-distrik. Daar is nou 21 860 aktiewe gevalle, waarvan 598 pasiënte in hospitale en 112 in intensiewesorgeenhede is.

Read More

Bezos se geskiedkundige ruimtereis suksesvol

Die stigter van Amazon, Jeff Bezos, het sy geskiedkundige ruimtereis met sy maatskappy Blue Origin se eerste bemande vlug van die New Shepard-vuurpyl suksesvol voltooi. Hulle het vanmiddag naby Van Horn in die weste van Texas lanseer en weer suksesvol geland. Hy is vergesel deur sy broer Mark, die tagtigjarige lugvaartbaanbreker Wally Funk en ‘n […]

Read More

Breathe Namibia versprei 50 suurstofmasjiene in nege dorpe

Tydens die eerste week van die Breathe Namibia-veldtog, is meer as 50 suurstofmasjiene in nege Namibiese dorpe deur ‘n groep maatskappye afgelewer wat fondse beskikbaar gestel het om die Covid-pandemie te beveg. Piet Stoman, handelsmerk- en kommunikasiebestuurder van Agra het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê inwoners van Mariental, Rehoboth, Gobabis, Ondangwa, Opuwo, Tsumeb, Outjo, Grootfontein […]

Read More

‘Moenie gesteelde goedere koop’

Gautengse owerhede waarsku inwoners om nie artikels te koop wat tydens gewelddadige plundertogte in die provinsie gesteel is nie. Die polisie waarsku dat enige iemand wat betrap word dat hulle hierdie goedere koop, in hegtenis geneem kan word. ‘n Polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê pogings is tans aan die gang om vermoedelik gesteelde goedere terug te […]

Read More

SA se verkiesing uitgestel

In Suid-Afrika het regter Dikgang Moseneka aanbeveel dat die plaaslike regeringsverkiesing uitgestel word, maar nie tot later as Februarie 2022 nie. Dit was vir 27 Oktober geskeduleer, maar Moseneke sê dit sal weens Covid-19 nie vry en regverdig wees nie. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie moet nou die finale besluit neem.

Read More

Vier verdagtes met vier vars renosterhorings in hegtenis geneem

Die Namibiese polisie het vier verdagtes by ‘n mini-padblokkade op die pad tussen Kamanjab en die Werda-hek van die Etosha Nasionale Park met vier vars renosterhorings in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese polisie het die verdagtes in ‘n Toyota-minibus vanaf Kamanjab na Opuwo gereis. Die verdagtes is tussen 20 en 46 jaar oud en die […]

Read More