Amerikaanse ambassade help Covid-monsters sorteer

Terwyl baie Namibiërs weet hoe om dit te voel om vir Covid-19 getoets te word, weet slegs ‘n paar mense wat met die monsters gebeur nadat die toetse gedoen is. Weens die toename in Covid-gevalle in Namibië, het die personeel van die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer en -Voorkoming in Namibië gehelp om die Namibië Instituut vir Patologie se laboratoriumspan om die monsters by toetssentrums regoor die land uit te sorteer. Die instituut se laboratorium is 12 tot 16 ure per dag, sewe dae ‘n week oop en die druk op personeel is geweldig. Jessica Long, die Amerikaanse ambassade se saakgelastigde in Namibië prys Namibië se stryd teen die pandemie.