Vier verdagtes met vier vars renosterhorings in hegtenis geneem

Die Namibiese polisie het vier verdagtes by ‘n mini-padblokkade op die pad tussen Kamanjab en die Werda-hek van die Etosha Nasionale Park met vier vars renosterhorings in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese polisie het die verdagtes in ‘n Toyota-minibus vanaf Kamanjab na Opuwo gereis. Die verdagtes is tussen 20 en 46 jaar oud en die ondersoek duur voort na die oorsprong van die renosterhorings. Die woordvoerder van die Namibiese polisie, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi praat met Kosmos 94.1 Nuus.