Covid-19: 50 gevangenes in Rundu-distrik positief

Die Namibiese gesondheidsministerie het 25 Covid-sterftes in sewe distrikte aangekondig, asook 614 nuwe gevalle uit 1 652 toetsuitslae. In die groep is 69 leerders, 19 onderwysers, nege studente, 20 gesondheidswerkers en 50 gevangenes van die Rundu-distrik. Daar is nou 21 860 aktiewe gevalle, waarvan 598 pasiënte in hospitale en 112 in intensiewesorgeenhede is.