Tweehonderd verskyn in Johannesburgse landdroshof vir plundery

Sowat 200 mense verskyn vandag, môre en Vrydag in die Johannesburgse landdroshof nadat hulle aangekeer is weens verlede week se stropery in Gauteng. Minstens 215 mense het in die onluste gesterf, verskeie winkels en sentrums geplunder, kitsbanke afgebreek en pakhuise aan die brand gesteek. Xolani Fihla van die Johannesburgse metropolisie sê betogers gaan na verwagting by die hof opdaag om die beskuldigdes te steun: