‘Moenie gesteelde goedere koop’

Gautengse owerhede waarsku inwoners om nie artikels te koop wat tydens gewelddadige plundertogte in die provinsie gesteel is nie. Die polisie waarsku dat enige iemand wat betrap word dat hulle hierdie goedere koop, in hegtenis geneem kan word. ‘n Polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê pogings is tans aan die gang om vermoedelik gesteelde goedere terug te kry. Tydens klopjagte op hostelle is 14 verdagtes gearresteer wat in besit was van goedere wat moontlik geplunder is.