NG Kerk Eros ook ‘n inentingsentrum in hoofstad

Die NG Kerk Eros-gemeente is ook nou ‘n inentingsentrum in die hoofstad. Inentings vind tussen agt-uur soggens en vier-uur smiddae by die kerksaal plaas. ‘n Leraar van die gemeente, dr. Fourie van den Berg, het gesê tans is slegs Sinopharm beskikbaar, maar AstraZeneca-enstof wat deur die regering bestel is, word binnekort verwag. Dr. Van den Berg gesels met Kosmos 94.1 Nuus.