Breathe Namibia versprei 50 suurstofmasjiene in nege dorpe

Tydens die eerste week van die Breathe Namibia-veldtog, is meer as 50 suurstofmasjiene in nege Namibiese dorpe deur ‘n groep maatskappye afgelewer wat fondse beskikbaar gestel het om die Covid-pandemie te beveg. Piet Stoman, handelsmerk- en kommunikasiebestuurder van Agra het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê inwoners van Mariental, Rehoboth, Gobabis, Ondangwa, Opuwo, Tsumeb, Outjo, Grootfontein en Otavi het suurstofmasjiene ontvang. Nog 50 suurstofmasjiene sal aan gemeenskappe vandeesweek afgelewer word.