AR sê vanmiddag om 14:00 oor afbreek van huise

Die verwydering van informele huise in die hoofstad bly in die nuus. Verskeie huise is Woensdag by die Babylon nedersetting in die Thobias Hainyeko kiesafdeling afgebreek omdat dit onwettig opgerig is. Die Affirmative Repositioning-beweging het weer beklemtoon dat hulle hofaansoek in die verband, om die relevante wetgewing ter syde te stel, duur voort. Die beweging […]

Read More

Groot veldbrand noord van Otji

‘n Groot veldbrand woed op die oomblik net noord van Otjiwarongo. Luidens die jongste berigte versprei dit vinnig en vier plase, Gemsbok, Queen Sofia, Kenilworth en Homestead brand op die oomblik. Volgens wat Kosmos 94.1 Nuus verneem staan die weermag die boere by. By navrae het polisie op Otjiwarongo het geen inligting gehad nie. Sean […]

Read More

Biden hoop om kinders onder 12 binnekort te ent

Die Amerikaanse president Joe Biden sê hy is vol hoop dat Covid-19-entstowwe vir kinders onder die ouderdom van 12-jaar in die land binnekort goedgekeur sal word. Moderna en Pfizer-BioNTech het in Maart proewe vir hul Covid-19 entstowwe vir kinders onder 12 begin met die bevindinge wat later vanjaar verwag word. Biden het by ‘n gemeenskapsbyeenkoms […]

Read More

Outa sê Denel se ondergang is as gevolg van inmenging

Die uitvoerende hoof van die Organisasie teen Belastingmisbruik, Wayne Duvenhage, sê die ineenstorting van Denel is ‘n klassieke geval van ‘n eens briljante en toonaangewende onderneming wat deur patetiese politieke inmengery op sy knieë gedwing is. Die wapenvervaardiger wat ‘n likiditeitskrisis in die gesig staar, het skuld van 3,5 miljard Suid-Afrikaanse rand. Sy inkomste het […]

Read More

Jou nooddienste sertifikaat is genoeg

Kosmos 94.1 Nuus kry navrae van lede van die publiek oor die gebruik van die nooddienste sertifikaat van die ministerie van handel tydens die inperking van die streke. Talle persone word voorgekeer omdat hulle nie ook ‘n reispermit het nie. Volgens Elijah Mukubonda van die ministerie, is die nooddiens sertifikaat voldoende en kan ook verder […]

Read More

Stad Whk verduidelik die verwydering van informele wonings

Stad Windhoek sal om 12-uur vandag ‘n mediakonferensie hou om die gebeure by Babylon in die Tobias Hainyeko kiesafdeling, waar verskeie informele huise afgebreek is te verduidelik. Die burgemeester, dr. Job Amupanda sal die media toespreek. Dit sal ook regstreeks uitgesaai word op Stad Windhoek se Facebook-blad soos Harold Akwenye van Stad Windhoek verduidelik.

Read More

Amupanda spreek afbreek van huise aan

Die burgemeester van Windhoek dr. Job Amupanda het by perskonferensie, wat ‘n uur gelede begin het die gebeure van gister as aaklig beskryf. Hy het ook bygevoeg dat geen huise ooit weer afgebreek sal word sonder die medewete van die Stad se raadslede nie en sê ook dat die Stadspolisie reeds so ingelig is.

Read More

Witmielies – ons moet meer voorsien

Ondersoek is ingestel na die plaaslike produksie van witmielies. Daar word meestens staatgemaak op reënval om aan aanvraag te voldoen en by verre die meerderheid van Namibië se witmielies word ingevoer. Salomo Hei, die hoof van navorsing by High Economic Intelligence wat die studie onderneem het, sê verskeie aspekte sal moet ondersoek word om Namibië […]

Read More

Laeveld-boer vas vir 19 renosterhorings

Die gemeenskap van die Laeveld is geskok met die inhegtenisname van ‘n bekende sakeman en ‘n wildboer van Limpopo in Mbombela, Mpumalanga, in hegtenis geneem weens die onwettige besit en verkoop van 19 renosterhorings ter waarde van 2,6 miljoen Namibiese dollar. Hulle was in twee bakkies naby Mbombela toe hulle laatmiddag tydens ‘n operasie in […]

Read More

O&L Leisure kondig reddingsmaatreëls aan

O&L Leisure het dringende reddingsmaatreëls aangekondig om die volhoubaarheid van sy bedrywighede te verseker. Maatreëls sluit in dat salarisse van personeel by verskeie persele met tussen 25 en 50 persent gesny sal word vanaf 1 Augustus tot einde Oktober vanjaar. Chobe Water Villas en Mokuti Etosha Lodge sal sluit tot 1 Oktober terwyl die Strand […]

Read More