Groot veldbrand noord van Otji

‘n Groot veldbrand woed op die oomblik net noord van Otjiwarongo. Luidens die jongste berigte versprei dit vinnig en vier plase, Gemsbok, Queen Sofia, Kenilworth en Homestead brand op die oomblik. Volgens wat Kosmos 94.1 Nuus verneem staan die weermag die boere by. By navrae het polisie op Otjiwarongo het geen inligting gehad nie. Sean Naude van die Namibia Marshall Rangers het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.