Biden hoop om kinders onder 12 binnekort te ent

Die Amerikaanse president Joe Biden sê hy is vol hoop dat Covid-19-entstowwe vir kinders onder die ouderdom van 12-jaar in die land binnekort goedgekeur sal word. Moderna en Pfizer-BioNTech het in Maart proewe vir hul Covid-19 entstowwe vir kinders onder 12 begin met die bevindinge wat later vanjaar verwag word. Biden het by ‘n gemeenskapsbyeenkoms in Cincinnati gepraat en by Amerikaners wat nog nie ingeënt is nie, gepleit om dit te doen. Covid-19 gevalle in Amerika het die afgelope twee weke bykans verdriedubbel.