Stad Whk verduidelik die verwydering van informele wonings

Stad Windhoek sal om 12-uur vandag ‘n mediakonferensie hou om die gebeure by Babylon in die Tobias Hainyeko kiesafdeling, waar verskeie informele huise afgebreek is te verduidelik. Die burgemeester, dr. Job Amupanda sal die media toespreek. Dit sal ook regstreeks uitgesaai word op Stad Windhoek se Facebook-blad soos Harold Akwenye van Stad Windhoek verduidelik.