Veiligheidsmaatreëls by Nkandla verskerp

Veiligheidsmaatreëls by Nkandla is verskerp toe oudpresident Jacob Zuma vir die eerste keer sedert sy inhegtenisneming daarheen teruggekeer het. Hy het die begrafnis van sy jonger broer, Michael, bygewoon wat byna twee weke gelede dood is. Zuma het by die departement van korrektiewe dienste aansoek gedoen vir deernisverlof. Die familie onder leiding van Edward Zuma […]

Read More

Covid: 45 sterftes in 14 distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het 45 Covid-sterfgevalle in 14 distrikte bevestig, asook 495 nuwe gevalle uit 833 toetsuitslae. In die groep is 42 leerders, vier onderwysers, ses stuente en sewe gesondheidswerkers. Daar is nou 21 236 aktiewe gevalle waarvan 547 pasiënte in hospitale en 119 in intensiewesorgeenhede is.

Read More

Vleisinvoerders en -uitvoerders bekommerd oor vloei by Durban-hawe

Die Vereniging van Vleisinvoerders en -uitvoerders het hul kommer uitgespreek oor die vloei van vleisprodukte deur die hawe in Durban nadat dit deur die oproerigheid geraak is. Die geweld en plundering in KwaZulu-Natal het veroorsaak dat die invoervoedselbedryf beduidende volumes rou materiaal en 40 000 ton koelkamer-vermoë verloor het. Die vereniging se uitvoerende hoof, Paul […]

Read More

Joe Biden hoop Covid-entstowwe is binnekort vir kinders beskikbaar

Die Amerikaanse President Joe Biden sê hy is vol hoop dat Covid-entstowwe vir kinders onder die ouderdom van 12 jaar in die land binnekort goedgekeur sal word. Moderna en Pfizer-BioNTech het in Maart proewe vir hul Covid-entstowwe vir kinders onder 12 begin met die bevindinge wat later vanjaar verwag word. Biden het gister in Cincinnati gepraat en by Amerikaners wat nog nie ingeënt is […]

Read More

Kinders in Afrika onderhewig aan geweld

Afrika beleef onaanvaarbare vlakke van geweld teenoor kinders, volgens inligting van ‘n studie wat deur die Afrika-vennootskap om geweld teen kinders te beëindig, vrygestel is. Die studie toon dat meer as die helfte van alle kinders fisieke mishandeling beleef en in sommige dele van Afrika is vier uit tien meisies voor die ouderdom van 15 […]

Read More

Zambezi-streek kry boorgate, waterpunte

Die Zambezi-streeksraad het 19,8 miljoen Namibiese dollar bestee om 48 boorgate regoor die streek in die 2020-2021 finansiële jaar op te gradeer. Altesaam 19 boorgate is in vyf kiesafdelings geboor, 23 waterpunte is regoor die streek geïnstalleer, asook watervoorsieningstoerusting deur die Covid-befondsingsprogram by 17 skole.  

Read More

Mbulula tree in by taxigeweld

Die Suid Afrikaanse minister van vervoer, Fikile Mbalula, sê ‘n tydelike skiet-stilstand-ooreenkoms is nou tussen taxi-vakbonde in die Wes-Kaap bereik om die voortslepende taxigeweld daar tot ‘n einde te bring. Die onluste het sedert die begin van die jaar gelei tot ten minste 81 moorde, met geweld wat die laaste paar weke weer opgevlam het, […]

Read More

Covid-syfers toon goeie afname plaaslik

Ekonome en analiste is dit eens dat gevalle van Covid op die oomblik daal en die afgelope week het baie goeie syfers getoon. Yanna Smith het die besonderhede…

Read More

Amupanda waarsku oor agendas

Daar blyk om binnegevegte by Stad Windhoek te wees. Met die aanstelling van die nuwe raadslede vroeër was daar verskeie pogings om alliansies te vorm maar, die partye kon nie ooreenkom nie. Die burgemeester dr. Job Amupanda het die kwessie so aangespreek en dit verbind aan die afbreek van sogenaamde onwettige huise in die hoofstad.

Read More

J&J is op pad sê Afrika-unie

Die Afrika-unie se spesiale gesant op Covid, Strive Masiyiwa sê die eerste besending van 400 miljoen dosisse Johnson en Johnson entstowwe sal volgende week op die vasteland versprei word. Tot dusver is 60 miljoen inentings op die vasteland uitgevoer en die besending sal verseker dat die helfte van die 800 miljoen mense wat die entstof […]

Read More