Amupanda waarsku oor agendas

Daar blyk om binnegevegte by Stad Windhoek te wees. Met die aanstelling van die nuwe raadslede vroeër was daar verskeie pogings om alliansies te vorm maar, die partye kon nie ooreenkom nie. Die burgemeester dr. Job Amupanda het die kwessie so aangespreek en dit verbind aan die afbreek van sogenaamde onwettige huise in die hoofstad.