J&J is op pad sê Afrika-unie

Die Afrika-unie se spesiale gesant op Covid, Strive Masiyiwa sê die eerste besending van 400 miljoen dosisse Johnson en Johnson entstowwe sal volgende week op die vasteland versprei word. Tot dusver is 60 miljoen inentings op die vasteland uitgevoer en die besending sal verseker dat die helfte van die 800 miljoen mense wat die entstof moet ontvang vir kudde immuniteit wel gespuit word. Ses miljoen dosisse sal aan 27 lande wat reeds betaal het, gelewe word. Die bestelling van 400 miljoen dosisse sal in fases tot September volgende jaar gelewer word.