Kinders in Afrika onderhewig aan geweld

Afrika beleef onaanvaarbare vlakke van geweld teenoor kinders, volgens inligting van ‘n studie wat deur die Afrika-vennootskap om geweld teen kinders te beëindig, vrygestel is. Die studie toon dat meer as die helfte van alle kinders fisieke mishandeling beleef en in sommige dele van Afrika is vier uit tien meisies voor die ouderdom van 15 onderhewig aan seksuele mishandeling. In sommige dele van die vasteland, beleef agt uit tien kinders tussen die ouderdom van een en 14, gewelddadige dissipline elke maand, en meer as die helfte van kinders tussen 13 en 15 jaar oud word in skole geboelie. Afrika het die hoogste vlak van kinderverwaarlosing in die wêreld met 41,8 persent meisies en 39,1 persent seuns wat deur hul versorgers verwaarloos word.