Veiligheidsmaatreëls by Nkandla verskerp

Veiligheidsmaatreëls by Nkandla is verskerp toe oudpresident Jacob Zuma vir die eerste keer sedert sy inhegtenisneming daarheen teruggekeer het. Hy het die begrafnis van sy jonger broer, Michael, bygewoon wat byna twee weke gelede dood is. Zuma het by die departement van korrektiewe dienste aansoek gedoen vir deernisverlof. Die familie onder leiding van Edward Zuma en die uMkhonto we Sizwe-veterane wat die huis sedert Maart oppas, het sy bewakings- en deursoekprosesse verskerp. Daar was ‘n groot polisie- en weermag-teenwoordigheid in die gebied terwyl die begrafnis aan die gang was.