Vleisinvoerders en -uitvoerders bekommerd oor vloei by Durban-hawe

Die Vereniging van Vleisinvoerders en -uitvoerders het hul kommer uitgespreek oor die vloei van vleisprodukte deur die hawe in Durban nadat dit deur die oproerigheid geraak is. Die geweld en plundering in KwaZulu-Natal het veroorsaak dat die invoervoedselbedryf beduidende volumes rou materiaal en 40 000 ton koelkamer-vermoë verloor het. Die vereniging se uitvoerende hoof, Paul Matthew, het gevra dat die vloei deur die hawe versnel word in ‘n poging om voedseltekorte te voorkom

Matthew sê die vereniging het verder ‘n dringende vergadering met die minister van landbou, Thoko Didiza, aangevra om die belangrikste uitwerking hiervan op voedselsekerheid in die land te bespreek.