Covid: 45 sterftes in 14 distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het 45 Covid-sterfgevalle in 14 distrikte bevestig, asook 495 nuwe gevalle uit 833 toetsuitslae. In die groep is 42 leerders, vier onderwysers, ses stuente en sewe gesondheidswerkers. Daar is nou 21 236 aktiewe gevalle waarvan 547 pasiënte in hospitale en 119 in intensiewesorgeenhede is.